12 dae gelede
Stasies gestroop
VANDALISME: Die varke het al die houtbankies gesteel.  ~ 

TERWYL Prasa sy trein-voete sleep om wagte aan te stel, word stasies regdeur die land deur varke kaal gesteel.

By die Oosterzee-stasie in Bellville is dit ook geen uitsondering nie. Vanaf die begin van die lockdown is dit stil by dié stasie.

Sedert Prasa kontrakte met sekuriteitsmaatskappye opgeskort het omdat sommige kontrakte onreëlmatig verkry is, word stasies landwyd nie meer opgepas nie.

Makhosini Mgitywa, ’n woordvoerder van Prasa, verduidelik Prasa is in die proses om 3 100 sekuriteitspersoneel aan te stel.

Volgens Mgitywa sal die nuwe wagte iewers in Augustus met hul werk begin.

By die Oosterzee-stasie is omtrent ál die houtbankies weggedra en die deksels op die stasie waar kabels kom, is alles gebreek en die kabels is gesteel.

Op een plek op die perron is daar selfs vuur gemaak.

Klere van haweloses wat daar bly, hang ook by die stasie rond.

By die kaartjieskantoor is geen wagte nie, maar dis darem nóg nie gevandaliseer of by ingebreek nie.

Son het vroeër ook berig oor kabels wat gesteel is by die Netreg-stasie en Bonteheuwel-stasie en dat die stasies gevandaliseer word.

Die polisie en Prasa se protection services het twee verdagtes oor die naweek in Johannesburg in hegtenis geneem nadat gesteelde goed van Prasa in hul besit gevind is.

Ondersoek

Volgens Mgitywa is een van die persone ’n senior werker op bestuursvlak by ’n depot in Germiston.

“Die ander is ’n voormalige werker van Prasa wat ’n bestuurder was en sy eie elektriese en spoorwegtoerusting-maatskappy het.

“Die arrestasies kom ná ’n intensiewe ondersoek deur die polisie en Prasa se sekuriteitspersoneel.”

ONNODIG: Die bankies waarop pendelaars altyd sit, is weg. Foto: Leon Bonthuys

Die saak is weer uitgestel.

  • Intussen begin Ernest Hendricks, geskorste sekuriteitshoof van Metrorail, ’n derde saak by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (CCMA) gewen.

Hy mag weer op 1 September begin werk.

Hy is onder meer verlede jaar in April geskors nadat treine op die Kaapstad-stasie aan die brand gesteek is en hy die skuldige vasgetrek het.

Onsekerheid het geheers oor hoekom hy geskors is.

SIESA! Dit lyk asof die hooligans vuur maak op die perron. Foto: Leon Bonthuys

Die CCMA het toe gelas hy moet op 20 November 2019 weer vir diens aanmeld.

Hy is in Maart vanjaar weereens geskors.

Riana Scott, ’n woordvoerder van Metrorail, sê hulle sal die uitslag bestudeer voordat hulle enige besluite gaan neem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters