7 maande gelede
Stad spark met dienslewering
Die Stad Kaapstad se werkers het sedert Junie al 150 000 elektrisiteitsdienste verrig.  ~ 

SEDERT Junie vanjaar het die Stad Kaapstad al meer as 150 000 versoeke vir elektrisiteitsdienste gekry.

Dit beteken werkers van die Stad het sedert Junie al 150 000 elektrisiteitsdienste gaan verrig.

Dít is gedoen te midde van die pandemie en die lockdown en ál die maatreëls wat daarmee gepaard gaan.

Die Stad wil vir die inwoners dankie sê vir die geduld wat hulle in dié ongekende tye beoefen het, want die Stad kon nie soos gewoonlik op die versoeke reageer nie.

Benewens die maatreëls het ’n kleiner getal diensleweraars die taak bemoeilik.

Op die lysie take wat vir die Stad ’n prioriteit is, is die herstel van alle straatligte wat nie meer werk nie.

Dit word juis gedoen omdat straatligte so belangrik is en veral saans kan help om mense se veiligheid te verseker.

Dan Plato, mayor van Kaapstad, sê: “Met dié versoeke is daar nog ’n agterstand wat ingehaal moet word.

“Ons is besig om so vinnig as wat menslik moontlik is, daarop te reageer.”

Plato versoek ook alle in­woners om toe te sien dat Stads­eiendom nie verniel word nie en dat daar ook nie met elektriese toerusting gepeuter word nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters