2 maande gelede
Stad self G@tvol vir skade
in DIE sop: Betogers brand tyres op die hoek van Main road, Delft, en Stellenbosch Arterial tydens die shutdown Donderdagoggend.Foto: ANELE MFAZWE  ~ 

DIE Stad Kaapstad wil die omstrede organisasie G@tvol Capetonian dagvaar vir skade wat laas week tydens sy shutdown aangerig is.

Son op Sondag het berig hoe munisipale hoofpaaie Donderdagoggend tydens die protesaksie op die Kaapse Vlakte met brandende buitebande versper is.

Die skade wat betogers aan munisipale eiendom soos verkeersligte aangerig het, word op R1,2 miljoen geskat.

Die betogers eis gelyke behuising vir bruin mense, veral backyarders, of hulle gaan nóg sulke optogte hou as die regering nie binne 14 werkdae reageer nie.

Robotte

JP Smith, mayco-lid belas met veiligheid en sekuriteit, bevestig die council gaan die organiseerders sue vir die skade wat aan die Stad se eiendom aangerig is.

Volgens hom het die betogers robotte, paaie, straatligte, lamppale en ander infrastruktuur beskadig.

Smith sê die Stad sal ’n meer gedetailleerde assessering van die skade doen.

Hy sê: “Die Stad het al voorheen suksesvolle eise verkry teen organiseerders van geweldsbetogings, byvoorbeeld teen Cosatu ’n paar jaar gelede.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters