6 dae gelede
Stad installeer CCTV-kameras by taxi ranks
Felicity Purchase Foto: Peter Abrahams  ~ 

DIE Stad Kaapstad se direktoraat vervoer gaan high-tech CCTV-kameras by ’n hele paar public transport interchanges (PTIs) en MyCiTi-stasies installeer.

Die eerste PTIs wat die nuwe kameras sal kry, sluit in: Claremont, Wynberg, die Kaapse stasiedek, Mitchells Plain, Khayelitsha en Bell­ville.

Die roll-out van die kameras by nege van die Stad se taxi ranks beloop R11,4 miljoen.

Alderman Felicity Purchase, mayco-lid vir vervoer, sê daar sal 159 kameras by die ranks geïnstalleer word, waarvan 54 reeds by Wynberg, Claremont en die stasiedek ingesit is.

Die kameras sal die veiligheid van pendelaars verbeter.

Opgeneem

Purchase sê dit sal ook ’n tegnologiese voordeel bied vir veiligheid en wetstoepassing.

Die beelde wat deur die kameras opgeneem word, sal in real time bekyk word, asook ná die tyd.

Die data sal dan vrygestel word vir wetstoepassings-doeleindes.

Behalwe veiligheid, sal dit ook vir die direktoraat info gee oor hoe lank die rye en wagtye by die PTIs is sodat dit verbeter kan word.

Die aantal kameras by elke PTI word bepaal deur hoeveel pendelaars en operateurs dit gebruik, asook die fisieke uitleg van elke PTI.

Die Stad is ook besig om te kyk na ’n oplossing om te bepaal hoeveel passasiers in ’n taxi klim.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters