3 jaar gelede
‘Staat het swak saak teen Henri’
slotbetoë: Henri van Breda se regspan meen hy het nie sy ouers en broer vermoor nie.Foto: peter abrahams  ~ 

DIE staat se saak teen Henri van Breda is gebaseer op omstandigheidsbewyse en van die bewyse teen hom is so swak dat die staat nie daarop kan staatmaak nie.

Só het adv. Pieter Botha, sy lawyer, gister in sy slotbetoë in die driedubbele bylmoordverhoor in die Kaapse hooggeregshof gesê.

Botha het gesê die staat het in sy taak gefaal om te bewys dat Henri bo redelike twyfel verantwoordelik is vir die moord op sy ouers, Martin en Teresa, en sy broer, Rudi.

Entjies

Henri staan ook tereg op ’n aanklag van poging tot moord op sy suster, Marli, wat die aanval op 27 Januarie 2015 in die gesin se huis op die De Zalze-landgoed in Stellenbosch oorleef het.

Botha het gesê Henri het nie drie entjies gerook terwyl hy gewag het vir Marli om dood te gaan nie.

“Hy het gesê hy het drie sigarette gerook terwyl hy op die telefoon met die nooddienste was.”

Instink

Regter Siraj Desai wou weet hoekom Henri in daardie tyd nie vir Marli probeer help het nie.

“Dit is mos net instink om jou jonger sussie te wil help?”

Botha het bygevoeg hy sal in sy betoë nog daarby uitkom. Hy het gesê Henri was ’n goeie getuie wat by sy weergawe gehou het.

Botha gaan vandag voort met sy slotbetoë, maar het reeds die hof gevra om Henri vry te spreek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters