2 maande gelede
Spoed eis drie lewens
Andrew TurnbullFoto: facebook  ~ 

’N VIDEO is geneem van ’n voormalige renjaer, Andrew Turnbull, wat teen 260 km/h in sy Jaguar jaag.

Ryan Byrne (20), ’n vriend van Turnbull wat ook ’n passasier in die kar was, het die video geneem.

Turnbull se Jaguar was later op die R72 naby Port Alfred in die rigting van Kenton on Sea in ’n ongeluk betrokke, berig Dispatch Live.

Byrne is reeds op die toneel dood en Turnbull het gister in die hospitaal aan sy wonde beswyk.

Speedometer

Kapt. Mali Govender, ’n polisiewoordvoerder, sê die bestuurder van die Mercedes-Benz wat ook in die ongeluk was, is ook dood.

Volgens Netwerk24 was Byrne ’n student by 43 Air School in Port Alfred.

Turnbull het ses maande gelede op Facebook ook ’n video geplaas van die speedometer waar hy teen 260 km/h op ’n openbare pad ry.

Hy skryf daarby: “Niks is beter as ’n kar wat gemaklik teen ’n goeie spoed kan ry nie.”– News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters