Verlede maand
Spanne het hande vol met voëlgriep
 ~ 

DIE skoonmaakbedrywighede sal die naweek voortgaan ná ’n uitbreking van voëlgriep onder wilde seevoëls, hoofsaaklik langs dele van die Weskus en die Overberg.

Spanne het die laaste paar dae daaraan spandeer om die dooie en siek voëls te versamel.

Vroeër hierdie week is die Bergrivier-munisipaliteit geïdentifiseer as ’n hotspot-gebied met berigte van dooie voëls van Velddrif tot in Arniston asook bykomende brandpunte op Dyer-eiland en Robbeneiland. LUR vir omgewingsake in die Wes-Kaap, Anton Bredell, het ’n beroep op lede van die publiek gedoen om die gebiede te vermy en om hulleself te weerhou om aan siek of dooie diere te raak om die verspreiding van die siekte te voorkom.

James-Brent Styan, woordvoerder vir Bredell sê die getalle neem af.

“Die getalle is baie laer, wat ’n baie goeie teken is van die 1000 dooie voëls wat ons Woensdag versamel het tot net 100. Ons hoop beslis dat hierdie neiging voortduur en dat die getalle aanhou sal daal.”

Die huidige virusstam is in Mei by wilde voëls aangetref, wat veral meeue aangetas het.

Die eerste aalskolwers is eers middel September gediagnoseer en die gevalle het die afgelope week vinnig toegeneem. – EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters