15 dae gelede
Span vang 4 met renosterhoring
skurke: Die verdagtes het dié renosterhoring by hulle gehad. FOTO VERSKAF  ~ 

VIER mans is Saterdag gearresteer nadat hulle betrap is met ’n verskeidenheid beskermde plante en ’n renosterhoring.

Volgens lt.kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, het cops verbonde aan die Malmesbury-veediefstaleenheid en Vredendal-misdaadintelligensie saamgespan met beamptes van CapeNature en ’n operasie in Citrusdal uitgevoer.

Dit het gelei tot die arrestasie van die vier mans (23, 30, 36 en 46 jaar oud).

Die waarde van die gekonfiskeerde items moet nog bepaal word.

Die vier verdagtes verskyn môre in die Citrusdal-hof. – Eie verslaggewer

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters