5 maande gelede
Spaar steeds water, sê Stad
 ~ 

DAMVLAKKE het tot 61,8% gestyg, maar die Stad Kaapstad waarsku inwoners egter daarteen om waterverbruik te verhoog.

Dit kom nadat die gesamentlike waterverbruik laas week met 28 miljoen liter per dag toegeneem het.

Die Stad herinner inwoners in 'n verklaring daaraan dat waterbeperkings steeds in plek bly, selfs al is damvlakke aan die herstel.

Die kollektiewe waterverbruik het laas week tot 583 miljoen liter per dag gestyg.

Xanthea Limberg, mayco-lid belas met waterdienste, sê hulle is nog nie in 'n posisie om waterbesparingsmaatreëls te verslap nie.


"Inwoners word aangemoedig om steeds water spaarsamig te gebruik en om waterwys te bly," sê Limberg. 

Hoewel waterverbruik toegeneem het, is dit steeds binne die daaglikse beperking van 650 miljoen liter per dag.


     
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters