28 dae gelede
Son bring smiles
GROOT sukses: Colette Solomon (in blou T-hemp), direkteur van Women on Farms Project, ontvang een van die geskenkpakkies van Son se handelsmerk-bestuurder, Shanique Feder, namens die vroue wat by die Koopmanskloof Winery werk en woon.  ~ JONATHAN LESTRADE

TWINTIG gesinne gaan ’n heerlike Kersfees hê danksy Son en sy vennote.

Kersfees is ’n tyd vir families om saam te kuier, ’n tyd om te reflekteer op die ou jaar en gees te bou vir die nuwe, maar dit is nie altyd almal beskore nie.

Vir baie families is dit maar ’n swaar tyd omdat nie almal met ’n vol koskas geseënd is nie.

Vir baie was daar vanjaar groot uitdagings wat so baie mense ervaar het en veral nou in die afgelope twee jaar met die pandemie wat almal op een of ander manier geraak het.

Daarom het Son besluit om ons eie fonds te stig om ons deel te doen om verligting te bring aan ons lesers wat dit die nodigste het.

As Son gee ons om en oor die afgelope twee dekades van ons bestaan het ons teruggeploeg in die gemeenskappe wat ons ondersteun. Met dié Kersfonds het ons weer die geleentheid gehad om ’n verskil te maak.

Son se redakteur, Neil Scott, sê toe ons die projek begin het, kon ons nie dink dat ons binne twee maande kon vermag wat vandag hier plaasgevind het nie.

“Ons wou graag meer mense help, maar ons glo as jy ’n verskil in net een persoon se lewe maak, het jy baie vermag. Dankie aan almal wat bygedra het tot die sukses van die projek. Julle weet wie julle is en daarom gaan ek nie name noem nie.

“Die smiles van die begunstigdes sê baie. Ons doel was maar nog altyd om die mense ’n lekker feestyd te gee – iets wat hulle vir altyd sal onthou.

“En ek weet ons het daarin geslaag. Hopelik sal die projek net vorentoe groei en kan ons volgende jaar nog vele harte bly maak,” sê Scott.

Volgens Son se handelsmerk-bestuurder, Shanique Feder, is daar besluit om ’n spesiale CSI-projek te begin in dié baie moeilike tyd, wat vererger is deur die Covid-pandemie, asook werkloosheid, armoede en vele ander uitdagings.

“Om te verseker dat die projek ’n sukses is en ons ons doel kon bereik, het ons kliënte en lojale lesers genader om ons te help om die lewe van die mense wat deur die afgelope twee jaar deur baie uitdagings gekom het, se lewe ’n bietjie makliker te maak.

“Media24, AVI National brands, Shoprite, Food Lov­er’s Market en Jacob’s Jam het ingespring en ons gehelp om ons doel te bereik,” se Feder.

Son het besluit om saam met Women on Farms Project (WOFP), wat met vroue wat op plase help, te werk.

Die WOFP het toe die gesinne van Koopmanskloof Winery op Bottelary Hills geïdentifiseer wat by die projek baat gevind het.

“Ons kon 20 gesinne van grocery hampers en carepacks vir die vroue voorsien, asook die kleintjies bederf met party packets.

“Ons sê baie dankie aan ons lojale lesers en kliënte wat ons so generously ondersteun het in ons spesiale projek. Die warm glimlagte wat ons ontvang het toe ons die gesinne se geskenke gegee het, is te danke aan al ons pogings. Dankie ook aan een en elke persoon van die Son-familie wat ook bygedra het om die projek ’n sukses te maak,” se Feder.

Colette Solomon, direkteur van Women on Farms Project, sê die ondersteuning wat Son aan hulle gee het, word baie waardeer deur die organisasie sowel as die vroueplaaswerkers en hulle gesinne.

“Dit kom op só ’n kritieke tyd van die jaar. Die vroue het pas in Oktober begin werk, en met Januarie wat om die draai is en met skoolgelde wat betaal moet word, gaan die carepack-kospakkies wat Son kon voorsien ’n massiewe verskil maak aan die gesinne dié Kerstyd.

“En met die manier waarop vroue só goed werk met kos weet ons dat dit hulle tot ver in 2022 sal onderhou,” sê Solomon.

Sy se dit is ’n goeie voorbeeld wat Son gevestig het met die projek.

“Baie ander maatskappye kan ’n blaadjie uit Son se boek neem om werklik ’n verskil in mense se lewe te maak.

“Ek dink dit gaan verder as korporatiewe en sosiale verantwoordelikheid om die box te tick, want Son het na ons uitgereik en ons gevra wat ons dink en wat nodig is,” sê Solomon.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters