2 maande gelede
Soli eers in lente in hof
Soli Philander  ~ Peter Abrahams

SOLI Philander het Maandag vlugtig in die Kaapse landdroshof verskyn.

Die akteur het voorgekom op klagte van die oortreding van ’n beskermingsbevel, aanranding met die doel om ernstig te beseer en saakbeskadiging.

Philander sê hy het Saterdag ’n vierjarige meisie van ’n vermeende pedofiel gered.

Die kind is volgens Philander aangehou by die Marion Institute, ’n gemeenskapsentrum in Distrik Ses waar daar elke dag tikkoppe uithang.

Kontak

Hy het aan Son vertel hy is gearresteer nadat hy en gemeenskapslede die sentrum bestorm het om die kind te “bevry”.

Volgens Philander se prokureur, Kevin Titus, mag hy nie teruggaan na die Marion Institute nie.

Hy mag ook geen kontak met die klaers in die saak hê nie, ook nie via sosiale media nie.

Eric Ntabazalila, ’n woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê Philander se saak is tot 4 September uitgestel vir verdere ondersoek.

Hy is op ’n waarskuwing vrygelaat, sê Ntabazalila.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters