Verlede maand
Soektog vir jong pa voorlopig gestaak
JACOBS
VERMIS: Zhandre Jacobs.  ~ verskaf

DIE soektog na ’n jong pa van Botrivier is Vrydagmiddag gestaak.

Zhandre Jacobs, 'n bankamptenaar by Absa Kleinmond, is sedert vroeër die week vermis. Sy wit Ford-motor is verlate Palmiet naby die Lagoon gevind.

Jacques Oosthuizen, voorsitter van Hangklip Kleinmond se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), vertel ’n grootskaalse soektog was van stapel gestuur en alle moontlike hulpbronne, wat insluit voertuie, beamptes, bote, hommeltuie en honde is gebruik om na Jacobs te soek.

Lt.kol. Anna May, 'n polisiewoordvoerder, bevestig ook dat die soektog gestaak is.

"Die polisie ondersoek na 'n vermiste persoon duur wel voort."

Oosthuizen voeg by dat Jacobs se familie en vriende tydens die intense soektog deurentyd behulpsaam was en die aangeleentheid word nou verder deur die plaaslike speurtak van Kleinmond ondersoek." 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters