Verlede maand
Só is Meghan Cremer vermoor
Meghan Cremer  ~ 

DIE bekende perderuiter Meghan Cremer is op 3 Augustus 2019 in haar woning by die Vaderlandsche Rietvlei-plaas aangerand en verwurg.

Daarna is haar lyk in die boot van haar kar gegooi terwyl haar vermeende moordenaar, Jeremy Sias, verskeie items uit die huis gesteel het.

Sias, 'n stalwerker op die plaas, het 'n bankkaart, haar selfoon, Ipad, handsak en R90 gesteel.

Luidens hofstukke het Sias daarna met Cremer se lyk rondgery op soek na 'n plek om dit te dump.

Sias het toe Cremer se bankkaarte vir twee dae aaneen by verskeie OTM'e gebruik asook by verskeie verkoopspunte.

Terwyl hy nog op sy shopping spree was, het hy sy medebeskuldigde Charles Daniels genader om te help om Cremer se kar te verkoop.

Daniels het die motor geparkeer en het die nommerplate verwyder. Hy het toe die derde beskuldigde Shiraaj Jaftha gevra om 'n potensiële koper te vind.

Hul planne het egter nie met die potensiële koper uitgewerk nie omdat hulle nie die nodige dokumente vir die kar kon verskaf nie.

Daniels en Jaftha is op 5 Augustus in hegtenis geneem.

Intussen was die soektog na Cremer steeds aan die gang.

Haar lyk is vyf dae ná haar verdwyning in 'n vlak graf in Philippi gevind met 'n blou lint wat styf om haar nek, hande en voete vasgebind was.

Sias verskyn weer op 19 Maart in die hof wanneer hy om regsverteenwoordiging gaan aansoek doen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters