12 dae gelede
Snorre-video is gedokter
nuwe span: Peter de Villiers support Patricia de Lille se Good-party. FOTO verskaf  ~ 

“DIE DA, of altans Desperate Alliance, is só bang dat hy beheer oor die Wes-Kaap verloor dat hy nou leuens versprei.”

Só vaar die leier van die Good-party, Patricia de Lille, kwaad uit nadat ’n gedokterde video van die voormalige Springbok-afrigter Peter de Villiers wyd op sosiale media versprei is.

Son het laas week berig De Villiers het sy support vir De Lille se party gegee.

Die Good-party het toe ’n video uitgereik waarin Snorre sê hy het besluit om antie Pat te ondersteun omdat sy ’n “geskiedenis van corruption busting” het.

Dié video is gedokter sodat De Villiers sê Antie Pat het ’n “geskiedenis van corruption.”

De Lille se woordvoerder, Cameron Arendse, sê: “Dis ’n skande maar nie verrassend dat die Desperate Alliance sulke fake news versprei nie.

“Hy (die DA) het niks om die stemmers aan te bied nie, daarom fokus hy op ander partye.”

Die uitgesproke DA-wyksraadslid in Bonteheuwel, Angus McKenzie, sê dis nie hy wat die video gedokter het nie.

Geshare

Volgens hom is die video aan hom op Whats­App geforward.

McKenzie sê: “Ek het die gedokterde video ontvang en dit op Facebook geshare. Toe ek die oorspronklike een sien, het ek dit delete.

“Dit (die gedokterde video) is ietwat geloofwaardig as jy die beweringe wat die ronde doen, sien.”

De Villiers sê gister dat hy nie kennis dra van die gedokterde video nie.

Hy herhaal sy support vir De Lille: “Ek glo in haar beginsels. Good-party is die enigste party wat ons jeug weer hoop kan gee.

“Ek probeer net die lewe die moeite werd maak vir ons jeug.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters