15 dae gelede
Slagter van Khayelitsha hét vrou opgekap, sê hof
No-good man: Goodman Nobade is skuldig bevind. Foto: PETER ABRAHAMS  ~ 

GOODMAN Nobade is skuldig bevind aan die grusame moord op sy vrou.

Nobade (58) het sy vrou, Agnes Msiza (37), in 2017 in hulle huis in Khayelitsha stuk vir stuk opgesny en haar lyk se stukke in verskeie sakke gesit en weggegooi.

Die polisie kon net twee van haar liggaamsdele recover – haar kop (sonder oë) en haar linkerbobeen.

Hy wou glo ontslae raak van haar oorskot omdat hy bang was hy sou gearresteer word en hy “te oud is om tronk toe te gaan”.

Hy is ook skuldig bevind van dwarsboming van die gereg en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Luidens Nobade se verklaring aan die polisie, is sy vrou die een wat hóm die oggend van die moord met ’n mes ge­nader het.

Intussen het die staat in sy argument aan die hof gesê die getuienis beeld Nobade uit as ’n beledigende man met ’n jaloerse streep.

Die hof het ook gehoor dat die slagoffer by verskeie geleenthede aan die familie genoem het dat hy haar misbruik.

Verskoning

Sy het vir die beskuldigde se suster gesê hy het haar geslaan, haar braids uit haar kop geruk en haar met kookwater gebrand.

Volgens Nobade se skoonsuster, Gladys Nobade, wat op meer as een geleentheid beserings aan Msiza se lyf gesien het, het Nobade altyd verskoning gevra en beloof om dit nooit weer te doen nie.

Nobade sal volgende Woensdag sy straf hoor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters