4 dae gelede
Slaansak wil Bok nie melk
Nachmerries: Enver Wils­nach sê die voorval spook steeds by hom. Foto: Anele Mfazwe  ~ 

“EBEN kan nie wegkom met sy dinge nie.”

Só sê die man wat beweer Etzebeth het hom in Langebaan aan die vooraand van die World Cup aangerand en as ’n “h*tn*t” uitgekryt.

Enver Wilsnach (42) het gister teenoor Son uitgepak oor hoe hy probeer cope ná die beweerde aanval wat sy hele lewe gechange het.

Wilsnach wou eerstens net iets regstel.

“Ek het nooit ’n eis vir finansiële vergoeding (teen Etzebeth) ingedien nie.

“Ek hou nie van die verkeerde inligting wat mense oor my gee nie. Hulle praat van geld en sulke goed. Ek het nooit gesê ek soek geld nie. Al wat ek wil sien, is justice.

“Iemand moet na my mening aangekla word.”

Wilsnach sê hy kry nog nagmerries en flashbacks van die voorval.

“Ek is ’n bietjie nervous as ek sien hier kom mense wat ek nie ken nie. Dan wonder ek: Is dit nie miskien mense wat my kom hijack nie?

“Ek is skrikkerig en getraumatiseer. Ek drink pille in die nag as ek wakker skrik.”

Wilsnach moan ook dat sy privaatheid ná die voorval padop is. En mense in die sosiale media kraak hom af.

Sammy Claassen van die Khoisan Defiance Campaign (KDC) sê hy is verbaas niemand is nog gearresteer nie.

Claassen sê weer Etzebeth moes nooit die vlug na Japan gehaal het nie.

Gegunpoint

“Mense maak asof die hele ding oor Eben gaan, maar dis nie net hy nie. Die ander betrokkenes is hier. Húlle is nie in Japan nie. So, hoekom is hulle nog nie gearresteer nie?”

“Sy (Etzebeth se) neef Emile was glo ook betrokke en ander wit mans wat Enver-hulle na bewering aangerand en die twee dames gegunpoint het.”

Claassen sê verder hy kan nie verstaan hoekom sommige media na Wilsnach verwys as “haweloos” nie, want hy was nooit haweloos nie.

Hy sê verder die polisie se forensiese beamptes het DNS-monsters van die vermeende slagoffers geneem en hulle gaan dit na verwagting in hulle ondersoek gebruik.

Claassen sê die KDC gaan die nasionale vervolgings­gesag onder druk plaas om die saak vorentoe te vat sodra die polisie se ondersoek klaar is.

Langebaan gaan na verwagting Saterdag tot stilstand gedwing word wanneer inwoners teen rassisme gaan march.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
35 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters