4 maande gelede
Skote neem ma
MOORDTONEEL: ’n Vrou, Betty Breda (60), is Sondagaand in haar huis in Eersterivier dood­geskiet.Foto: LEON KNIPE  ~ 

’N BEJAARDE vrou van Eersterivier is Sondagaand koelbloedig ten aanskoue van haar man doodgeskiet.

Bettie Breda (60) het vergeefs vir hulle lewe gepleit, maar is noodlottig gewond.

Haar man, Morgan (58), is in die bors geskiet en is na die Tygerberg-hospitaal geneem. Hy was teen gistermiddag nog in ’n ernstige toestand.

Die onbekende mans het na verneem word by hulle huis in Severnslot ingekom en na hulle seun gesoek.

Die seun, wat in ’n rolstoel is, is glo lid van die Westside-bende. Die cops het meer as tien koeëldoppies op die toneel gekry.

  • In ’n afsonderlike skietvoorval Sondagaand in Eersterivier is ’n jong man ook doodgeskiet.

Die voorval het in Beverly­straat gebeur en die man is op die toneel dood.

Volgens Siyabulela Malo, ’n polisiewoordvoerder, is hulle nog besig om leidrade op te volg en niemand is nog gearresteer vir die voorvalle nie.

Die polisie ondersoek twee sake van moord en een van poging tot moord.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters