2 maande gelede
Skote lei tot twee se arres
 ~ 

DIE polisie het Maandag­oggend twee mans in Delft gearresteer en op onwettige vuurwapens beslag gelê.

Volgens ’n polisiewoordvoerder, lt.kol. Andrè Traut, het lede van die afdeling vir openbare orde gereageer nadat skote afgevuur is.

“Hulle het in die omgewing van Silversandsweg en Aberdarestraat in Delft gaan kyk en verdagtes agternagesit wat in ’n VW Polo was.

Verskyn

“Een man het weggekom, maar ’n 33- en 34-jarige is ge­arresteer. Die lede het op twee 9 mm-pistole beslag gelê. Die twee verdagtes sal in die Bellville-hof verskyn.”

Volgens die polisiewoordvoerder is ’n 28-jarige man in die voorval doodgeskiet.

Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, lt.genl. Khombinkosi Jula, het sy lede bedank vir hulle vinnige optrede ná die skietery.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters