Verlede maand
Skote klap steeds in Plain
'n 41-jarige man is Maandagaand oodgeskiet.  ~ Foto ter illustrasie

MENSE val soos vlieë in die Plain.

Maandagaand was die derde dag in ‘n ry dat iemand in Mitchells Plain doodgeskiet is.

Die jongste slagoffer is in Hans Aschenborn in New Woodlands doodgeskiet. Die 41-jarige man is na bewering 16 keer in die gesig en nek geskiet. Hy is op die toneel dood.

Inwoners is gewaarsku om uit die area weg te bly of om vroeg binne hul huise te wees.

Kapt. FC van Wyk, ‘n polisiewoordvoerder bevestig die geval en sê geen arrestasies is nog gemaak nie.

“Dit word beweer dat die slagoffer in die tuin was toe ‘n onbekende man hom nader en op hom begin skiet het.

“Die slagoffer het verskeie skietwonde aan die liggaam opgedoen.”

Enigiemand met inligting kan speurkonst. Jonas by 021 377 5000 kontak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters