3 maande gelede
Skote klap in Strand, 2 gewond
 ~ 

ERGE geweld het weer in die Strand opgevlam toe twee mense Maandagaand in die Casablanca-area geskiet is.

Volgens die polisie het die voorval omstreeks 20:30 in Nazli-singel plaasgevind.

’n Groep mans het glo by ’n vuur gesit toe twee mans by hulle opgedaag het.

Een van hulle het ’n vuurwapen uitgepluk en op die mans begin skiet. Ses skote is glo afgevuur wat die slagoffer Ricardo­ Joseph getref het.

Hy is in sy regterarm en regtersy geskiet.

Die ander persoon is skrams gewond. Joseph is per ambulans na die hospitaal geneem waar sy toestand as ernstig bestempel is.

Die polisie sê die voorval hou nie verband met enige bendegeweld nie.

Die verdagte wat die skietwerk gedoen het, is aan die polisie bekend en dis glo net ’n kwessie van tyd voordat hy in hegtenis geneem sal word.

Verlede jaar is twee vriende in dieselfde gebied vermoor toe hulle deur bendes afgemaai is.

Mense met inligting oor die voorval word gevra om lt.kol. Franklin Plaatjies by 082 469 3359 te bel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters