18 dae gelede
KYK: Skote klap by kuierplek
tallas
SKOTE: Son verneem die man is twee keer in die kop gewond en het in die hospitaal aan sy wonde beswyk.  ~ 

DIT het gelyk soos 'n uitreksel van die rolprent Bad Boys For Life, toe' n biker 'n man helder oordag by 'n kuierplek afmaai.

Soos in die stuk, was die hitman nie net geklee in swart met 'n helmet op nie, hy het ook op 'n motorfiets by Tallas se Tavern in Gordonsbaai opgedaag waar die slagoffer na bewering gekuier het.

Op 'n video wat soos' n veldbrand op sosiale media versprei is, wys dit hoe die skieter in Strandweg heel gemaklik van sy bike afklim en tot by die man loop. Sekondes daarna skiet hy die man. 

Son verneem die man is twee keer in die kop gewond. 

Kol. André Traut, 'n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. 

"Die omstandighede rondom die voorval word nog ondersoek. 

"Die man (40) het op die veranda van die taverne gesit toe hy omstreeks 14:45 geskiet is. Die skieter het op vlug geslaan."

Die man wie se identiteit nog onbekend is, is in 'n kritieke toestand na die hospitaal gehaas maar het aan sy wonde beswyk.

Die polisie ondersoek 'n saak van moord.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters