Verlede maand
Skote eis vrou (24), sewe ander nog in hospitaal
polisie
'n Noodlottige skietvoorval Saterdagaand in Mandalay word ondersoek.  ~ 

’N VROU (24) is dood en sewe ander in die hospitaal opgeneem ná  ’n skietvoorval Saterdagaand in Mandalay.

Kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, sê omstreeks 20:20 het insittendes van ’n groen Honda Ballade lukraak begin skote afvuur op gaste wat ’n verjaardagpartytjie by ’n woning in Montclair Drive bygewoon het.

Die ag slagoffers tussen 5 en 26 jaar oud is in die hospitaal opgeneem waar die 24-jarige vrou later aan haar wonde beswyk het.

Om diegene wat verantwoordelik is vir die skietvoorval te boek te stel, is ’n 72-Uur-aktiveringsplan geïmplementeer.

Traut sê terwyl speurders bewyse versamel om die motief vir die gevoelige aanval op hierdie jongmense te bepaal, word die publiek versoek om na vore te kom met inligting wat kan help met die ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters