Verlede maand
Skote eis tiener
Moordtoneel: Charlton Veteran (17), ’n vermeende gangster, is gister in Hanover Park doodgeskiet.  ~ 

’N VERMEENDE gangster is gistermiddag in Hanover Park vol lood gepomp.

Charlton “Chakkie” Veteran (17), ’n vermeende Dollar Kid, is in Surran-weg koelbloedig doodgeskiet.

Drie vermeende gangsters van die Ghetto-bende het hom na verneem word oor die veld by die daghospitaal gejaag.

Gewag

Hulle het hom geskiet en hy het tot by die Engen-vulstasie gehardloop, waar hy inmekaar gesak het.

Die laitie het op die toneel aan sy wonde beswyk, terwyl daar vir die ambulans gewag is. Volgens die eienaar van die garage is daar altyd ’n skietery rondom die garage oor daar twee verskillende bendes oorkant mekaar bly.

Die eienaar sê: “Die ouens hardloop na die garage vir cover. Dit is die eerste keer dat iemand hier by die garage dood is nadat hy geskiet is.”

  • ’n Laerskoolleerder is ook Maandag in Hanover Park geskiet.

Zeeneth Genade (13) is drie keer raak geskiet toe sy in die bendes se spervuur beland het.

Sy was op pad huis toe vanaf die winkel toe die voorval plaasgevind het.

Sy sterk tans in die hospitaal aan en haar toestand is stabiel.

Volgens die cops is niemand nog vir die twee voorvalle gearresteer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters