Verlede maand
Skoolkind in toilet vasgebind
Verwarring: Die gr. 6-leerder was met haar skooluniform se band in die meisiestoilet vasgebind.Foto: Facebook  ~ 

GROOT verwarring heers oor ’n skoolkind wat vasgebind in ’n meisiestoilet van die Primêre Skool Somerset-Wes gevind is.

Dié kommerwekkende voorval het verlede week plaasgevind.

Die gr. 6-leerder se ma het in die sosiale media uitgevaar oor haar dogter wat langer as twee ure in die toilet met haar skooluniform se band vasgebind gesit het.

Volgens Bronagh Hammond?, ’n woordvoerder vir die departement van onderwys (WKOD), is die voorval kommerwekkend. sy voeg by die polisie stel ondersoek in.

Na verneem word, het die leerder haar ma ingelig dat ’n man in swart klere haar in die toilet vasgemaak.

Volgens die skool het hulle videobeeldmateriaal by die skoolhek deurgegaan, maar hulle het niemand gesien wat met dié beskrywing ooreenstem nie.

Weg

Die kind se ma het onraad vermoed toe haar dogter nie by die huis opgedaag het nie.

Sy het na die skool gegaan en vir die skoolhoof gevra waar haar dogter is.

Die skoolhoof het oor die interkom die leerder geroep, maar moes daarna inderhaas huis toe gaan.

Eers toe hy by die huis kom, het hy gehoor die leerder is weg en dat hulle na haar soek.

Die kind se ma en die skoolopsigter het die skoolterrein deursoek.

Hulle het die kind twee ure later vasgebind in die meisiestoilet ontdek en die polisie ontbied.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters