11 dae gelede
Skool wag steeds op uitspraak
Support: Ouers en leerders van HoĆ«rskool Uitsig wou die hofuitspraak hoor. Foto: Melinda Stuurman  ~ 

DIE Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD) het die Hoërskool Uitsig stadig maar seker doodgewurg.

Adv. Norman Arends, wat namens die skool en die skoolbeheerliggaam optree, het gister in die Kaapse hooggeregshof gesê die WKOD force die skool se deure toe.

“Eers het hulle die skool minder geld gegee en toe minder onderwysers, wat tot minder leerders gelei het.

“Die skool is laas jaar ná ’n reeks vandalistiese voorvalle onveilig verklaar. Die WKOD besluit toe om die skool se deure te sluit.”

Hulpbronne

Die skool het hom tot die hooggeregshof gewend om die sluiting te keer.

Arends sê baie ander skole loop gereeld deur onder vandale, maar hul le word nie gesluit nie.

Adv. Elsa van Huyssteen sê die WKOD het ’n beperkte budget wat moet sorg dat alle skole in die Wes-Kaap van hulpbronne voorsien word.

“Die reg op basiese onderrig sluit nie hul keuse van waar hul wil skoolgaan, in nie. Daar is skole beskikbaar gestel om hulle in te skryf.”

  • Uitspraak in die saak is voorbehou en ’n datum daarvoor is nog nie beskikbaar nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters