3 maande gelede
Skool rou oor 7-jarige se dood
Dylan Neethling (7)
Die sewejarige Dylan Neethling.  ~ facebook

ONDERWYSERS, leerders en ouers van die Laerskool Panorama in Welgelegen is in rou gedompel na die dood van ’n sewejarige gr. 1 leerder.

Dylan Neethling is Sondagoggend deur sy pa geskiet waarna hy die vuurwapen op homself gerig het.

Volgens die polisie het die voorval ongeveer 03:00 Sondagoggend by hul huis in Panorama gebeur.

Die skool het ’n boodskap op Facebook geplaas wat lees:

“Vandag is ons baie hartseer om ’n pragseun van Laerskool Panorama te groet. Jou onverwagte heengaan is vir ons ’n groot verlies. Ons dank ons Hemelse Vader vir die wonderlike voorreg om Dylan as deel van die Panorama-familie te kon hê. Rus sag in ons Hemelse Vader se arms. Tot ons weer ontmoet”.

Baie ouers het op die inskrywing gereageer.

Joanne Elizabeth Lord-Reid het geskryf: “Innige meegevoel aan sy ma en familie. Mag sy klein siel in vrede rus.” - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters