2 maande gelede
KYK: Skool-optog ontaard lelik
eff
Herstel orde: Die polisie en die Stad Kaapstad se metropolisie gebruik skokgranate en waterkanonne teen EFF-lede in Brackenfell. Foto’s: JONATHAN LESTRADE  ~ JONATHAN LESTRADE

“BRACKENFELL sal ons tuiste word as ons eis nie nagekom word nie.”

Dít is die EFF se dreigement nadat hy Vrydag gekeer is om voor Hoërskool Brackenfell te betoog.

Die honderde rooi berets se march teen beweerde rassisme by die skool is kortgeknip toe die polisie skokgranate, traangas, rubberkoeëls en waterkanonne op hulle gebruik het.

Dit het gevolg nadat die EFF-leierskap geweier het om net 100 lede deur te laat gaan na die skoolhekke soos wat dit in die EFF se permit gestipuleer is.

Die polisie het herhaaldelik die leierskap gevra om net 100 betogers te laat voortgaan na die skool se kant en die res kan sowat 1 km van die skool af wag.

Gepeper

Pandemonium het uitgebreek toe die fighters stadig in die skool se rigting beweeg het. Die polisie het die sowat 700 betogers eers van agter af met skokgranate en waterkanonne aangeval.

Toe hulle voortbeweeg, het ander cops hulle met nog skokgranate, water­kanonne en uiteindelik traangas gepeper. Die cops het daarin geslaag om die EFF-lede weg te hou van inwoners wat vir hulle aan die ander kant van die skool gewag het.

In die chaos het ’n ongeïdentifiseerde wit man die EFF-lede genader terwyl die EFF-sekretaris-generaal, Marshall Dlamini, die fighters­ toegespreek het.

Die wit man, met sy hande in die lug, het gevra: “Hoekom haat julle ons so baie?”

Die EFF-lede het hom in reaksie aangerand totdat die cops skokgranate gebruik het om hulle te stuit.

Lede van die Cape­ Party was ook daar. Jack Miller, die partyleier, sê hulle was daar om inwoners, leerders, die skool en ouers te support en teen die EFF se beweerde rassisme te beskerm.

Jack Mar­ko­vitz (21), ’n wit EFF-lid en student aan die Universiteit van Kaapstad, het gesê wit inwoners, die Cape Party en die DA “hunker na die dae van apartheid”.

Markovitz, wie se oupa, Leon, ’n prominente DA-lid was, sê die struggle is groter as Brackenfell.

Hy verklaar die reënboognasie is ’n joke en oudpres. Nelson Mandela het swart mense en vir Winnie Madikizela-Mandela verraai.

Hy sê: “Ek dink ons moet die betoging na Clifton neem waar huise van R22 miljoen is. Ek dink nie daar is genoeg geld hier in Brackenfell nie.

“Die arm wittes is kwaad en gewelddadig. Ons moet dit neem na waar ryk mense geld het en nóg geld uit die grond maak.”

Dlamini sê die EFF gee die skool sewe dae om ontslae te raak van die mense wat die privaat partytjie net vir wit leerders gereël het.

Aangekeer

“As ons eis nie nagekom word nie, is die skool ons permanente woonplek totdat ons demand nagekom word,” dreig hy.

’n Polisiewoordvoerder, kapt. FC van Wyk, sê sewe mense is vir openbare geweld aangekeer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters