3 maande gelede
Skietvoorvalle eis twee mans
dood: Die polisie ondersoek die toneel waar ’n jong man in Lavender Hill doodgeskiet is.Foto: LEON KNIPE  ~ 

IN TWEE afsonderlike voorvalle is ’n jong man in Lavender Hill en ’n sekuriteitsbeampte in Manenberg dié naweek doodgeskiet.

Die 21-jarige is Saterdag op die hoek van St. Bernard-singel en St. Blaise-straat, Montagu Village, Lavender Hill, geskiet. Nog ’n man (20) is in die voorval gewond.

Dieselfde dag is ’n sekuriteitsbeampte en sy kollega in ’n gewapende rooftog in Duinefontein-weg in Manenberg aangeval en geskiet. Die sekuriteitsbeampte (31) is dood en sy kollega (36) gewond.

Gevlug

Kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie albei voorvalle ondersoek. “Die verdagtes in die Lavender Hill-voorval het van die toneel af gevlug. Sake van moord en poging tot moord word ondersoek.”

Volgens Traut het die voertuig van die sekuriteitsbeamptes onklaar geraak toe hulle deur drie gewapende mans genader is. Hy sê: “Die drie gewapende mans het met hul besittings gevlug nadat die twee mans geskiet is.”

Traut vra dat enigiemand met inligting Crime Stop by 08600 10111 bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters