2 maande gelede
Skietgoed is onder skoot
ONWETTIG: Die Valke het dié vonds in ’n gun shop in Kaapstad gekry. FOTO VERSKAF  ~ 

DIE Valke het by ’n gun shop in Kaapstad op 92 onwettige vuurwapens beslag gelê.

Volgens kapt. Philani Nkwalase van die Valke was dit ’n gesamentlike operasie tussen onder meer die Valke en die nasio­nale vuurwapentaakspan.

Die naam van die winkel sal vir eers nie bekend gemaak word nie.

Nkwalase sê onder die vuurwapens waarop beslag gelê is, is twee AK47-aanvalsgewere, ’n haelgeweer, 52 pistole en 34 rewolwers.

Die vuurwapens sal nou vir forensiese ontleding gestuur word om vas te stel of dit in enige misdaad gebruik is.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters