8 dae gelede
Skietery in Wesbank erger met beurtkrag
OORSAAK? Load shedding het skietvoorvalle in Wesbank laat toeneem.  ~ Foto ter illustrasie: Son

INWONERS van Wesbank naby Kuilsrivier vrees beurtkrag vererger net die bendeskietery.

Dít nadat twee mans sover die afgelope week geskiet is en tans in die hospitaal om hul lewe veg.

Die een voorval het Dinsdagaand gebeur toe ’n jong man getref is. Hy is in sy mond gewond en is tans in ’n ernstige toestand in die hospitaal.

Woensdagaand is nog ’n man in Montcello-straat in die kop geskiet. Sy lewe hang nou aan ’n draadjie nadat hy na verneem word verskeie kere in die kop, maag, voet en bene getref is.

Volgens kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het die skietvoorval omstreeks 18:30 gebeur. Hy sê ’n saak van poging tot moord is geopen.

Van Wyk sê: “Die 43-jarige man was gewond en is na die hospitaal geneem. Die omstandighede rondom die skietvoorval word nog ondersoek.

Donker

“Die motief is onbekend en niemand is nog gearresteer nie.”

Volgens inwoners vat die gangsters die gap wanneer daar load shedding is. Hulle skiet veral wanneer die krag afslaan en dis donker.

Lorna Frieslaar van die Mfuleni-gemeenskapspolisiëringsforum sê: “Elke aand word daar geskiet. As dit load shedding is, dan skiet die gangsters éérs lekker.

“Ons het al meetings met die councillor en bestuur van Eskom gehad om load shedding in die dag te hou. Dit is altyd in die aand en veroorsaak dat die misdaad styg en die gangsters freely kan operate.”

Edith van Wyk, ’n gemeenskapsleier, sê: “Die meeste skietery het nou van blok A na blok C en E verskuif. Kabeldiefstal is ook ’n groot probleem en nou is dit nog load shedding ook.”

Raadslid Ebrahim Sawant sê: “Ons is bekommerd oor die situasie. Ons taakspan gaan binnekort met Eskom vergader.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters