8 maande gelede
‘Skieters dog dis ander ou’
VERKEERDE MAN GETEIKEN? Inwoners meen die skieters het nie vir Tyrone Philander gesoek nie.  ~ Peter Abrahams

DIT gons in Ravens­mead oor die moord op Tyrone Philander – die storie loop hy is vir iemand anders aangesien.

Tyrone (32), broer van die Protea-krieketspeler Vernon Philander, is Woensdagmiddag in Webnerstraat doodgeskiet.

Dié voorval volg ná ’n vlaag skietvoorvalle die afgelope week in Ravens­mead.

Saterdagaand is Warren Hendricks by die dam in Forbesstraat doodgeskiet.

Maandagaand is nog ’n man doodgeskiet en twee gewond.

Inwoners bespiegel nou dat gangsters die man gesoek het wat Hendricks geskiet het.

Tyrone is toe vir hierdie man aangesien omdat hulle dieselfde tipe klere aangehad het.

Intussen het die Philander-familie ’n verklaring oor Tyrone­ se dood uitgereik.

Daarin staan: “Ons is dankbaar vir al die boodskappe van ondersteuning wat ons kry.

“Tyrone se oudste broer, Vernon, sê dankie aan almal wat hul medelye gedeel het in dié moeilike tyd waardeur die familie gaan – veral van die publiek.”

Vernon sê die familie sukkel om die brutale moord in hul hometown, Ravensmead, te verwerk.

“Ek vra dat ons familie se privaatheid gerespekteer word. Tyrone is vir ewig in ons harte en mag hy in vrede rus.”

  • Intussen gaan die skietery in Hanover Park voort.

Woensdagoggend is ’n man doodgeskiet en ’n vrou gewond.

Volgens ’n polisiewoordvoerder, kapt. FC van Wyk, is ’n 30-jarige man omstreeks 07:10 in Stonelandsstraat doodgeskiet.

“Die polisie van Philippi ondersoek die saak.

“Mense met inligting kan die ondersoekbeampte, speursers. Themvelani Mnyaluza, by 021 690 1517 of 072 115 5942 bel of maak kontak met Stop Misdaad by 08600 10111.

“In ’n ander voorval by Oribi Court in Hanover Park Avenue – ook om 07:10 – is ’n 25-jarige vrou in haar been gewond.

“Die voorval het gebeur terwyl sy en twee mansvriende vir ’n taxi gewag het.”

Hospitaal

Volgens Van Wyk het ’n man na verneem word na hulle gestap, ’n vuurwapen uitgehaal en die vrou geskiet.

“Sy is hospitaal toe geneem. ’n Saak van poging tot moord word ondersoek,” sê Van Wyk.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters