10 dae gelede
Skenking verlig nood
BEGEESTERD: Die hoof, Martin Leukes (met rooi das), en sy span is opgewonde oor die nuwe skooljaar.  ~ Ian Baard

DIE Laerskool Dr. G.J. Joubert in die Strand het die 2021-skooljaar op ’n hoë noot ingelui toe hulle die eerste skool in die omgewing geword het wat met ’n gr. RR-klas begin het.

Volgens die hoof, Martin Leukes, het hulle die nood gesien en die aanvraag was oorweldigend.

Die klas is begin met ’n skenking van ’n groep Duitse vriende van die skool. Hulle het twee klaskamers vir dié doel laat bou.

Die moderne klaskamers is teen ’n koste van R800 000 gebou.

Leiersrol

Leukes sê hoewel ’n mens gou van die 2020-skooljaar wil vergeet, hoop hulle dat dié nuwe een net vreugde sal bring.

Hy vertel trots die laerskool is vanjaar 111 jaar oud en het nog altyd net ’n leiersrol in die gemeenskap gespeel.

Die skool het verlede jaar die aandag getrek toe onderwysers vir die leerders beskermende toerusting gemaak het om hulle teen Covid-19 te beskerm.

Vanjaar het 1 232 leerders by die skool ingeskryf. Dit beteken die skool bars alreeds uit sy nate.

Daar is 30 onderwysers en 10 hulponderwysers by die skool.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters