14 dae gelede
Sisulu vergader met mayor
MEETING: Lindiwe Sisulu, die nasionale minister van behuising, vergader laas week met gemeenskapsleiers in Khayelitsha rakende grondbesettings.  ~ Foto Verskaf

DIE nasionale minister van behuising, Lindiwe Sisulu, is bekommerd oor die Kaapse behuisingsuitdagings.

Met toenemende werkloosheid en die pandemie het die probleem in die provinsie net erger geraak.

Sisulu het Dinsdag met die Kaap se uitvoerende burgemeester, Dan Plato, vergader om die uitdagings aan te pak.

Son het laas week berig dat Sisulu met gemeenskapsleiers in Khayelitsha vergader het om die kwessie van grondbesettings in die township en omliggende areas te bespreek.

Protesaksie het sedert die meeting voortgegaan, ondanks ’n ooreenkoms dat geen meer ontwrigtings sou plaasvind nie.

Sisulu se woordvoerder, Yonela Diko, sê Dinsdag se vergadering het gevolg nadat Sisulu Maandag met haar kabinetskollegas vergader het.

Sy het vergader met onder ander die minister van polisie, Bheki Cele, en die minister van openbare werke en infrastruktuur, Patricia de Lille.

Orde

Sisulu meen: “Ons sal saam permanente oplossings vir ons probleme moet vind.

“Ons het ’n verantwoordelikheid om teen wetteloosheid te veg en orde in die Stad Kaapstad te bewerkstellig.

“Geweld sal nooit ’n oplossing wees vir die probleme wat ons tans in die gesig staar nie.

“Ons moet ook oplossings kry vir grondloosheid.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters