Verlede maand
Simba van kant gemaak
simba
Simba saam met Sulaiman Effendi.  ~ Foto Verskaf

SIMBA, die leeuwelpie van Athlone, is op dieselfde dag as wat hy aan CapeNature oorhandig is, uitgesit.

CapeNature loop nou onder geweldige kritiek deur oor dié besluit, maar het Woensdag aan EWN gesê hulle staan by hulle besluit.

Simba het vier maande gelede koerantopskrifte gehaal toe hy tydens 'n lang soektog by 'n huis in Athlone opgespoor is.

Sulaiman Effendi, Rayaan Simons en Shurud Jacobs is in hegtenis geneem vir die onwettige aanhouding van die welpie.

Loren Pavitt van CapeNature sê dit was 'n moeilike besluit, maar dat dit in ooreenstemming met internasionale riglyne geneem is.

"Wanneer jy deur so 'n situasie in die gesig gestaar word, is daar drie opsies om te oorweeg. Dit is om die dier te verdoem tot captivity, die tweede een is om dit in die natuur vry te laat en die derde een, in lyn met internasionale riglyne, is om hom uit te sit."

Paul Hart, stigter van die Drakenstein Leeupark in die Paarl, kritiseer CapeNature omdat hulle nie die ander opsies oorweeg het nie.

"Riglyne sê dat baie oorweging moet gegee word aan die finale opsie van diere 'stil maak'. Geen ander opsies was deur CapeNature ondersoek  nie, behalwe om die leeuwelpie dood te maak," sê Hart. - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters