Verlede maand
Sigaret-rowers vorder net entjie
Drama: Dis hier waar die skietery uitgebreek het en die verdagtes gewond is.  ~ _leon knipe

DRIE verdagtes het hul gat gesien toe hulle ’n sigarettrok in Bonteheuwel wou beroof.

Die voorval het gister omstreeks 09:50 in Mulberry-straat, Bonteheuwel, gebeur toe die gewapende verdagtes ’n entjietrok beroof het.

Die gemeenskap het na verneem word die cops ingelig van die rooftog en die cops kon toe baie vinnig die verdagtes vastrek.

Volgens AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, het die gewapende verdagtes in ’n Toyota Quantum gery en die trok beroof wat vol sigarette gelaai was.

Swartbooi sê: “Die verdagtes het van die toneel gevlug. Lede van die blitspatrollie het hulle opgemerk. Hulle het die verdagtes agternagesit.

“Tydens die jaagtog het die gewapende rowers op die polisie geskiet. Die polisie het teruggeskiet en drie van die rowers gewond.

“Die gewonde verdagtes – tussen die ouderdom van 30 en 41 jaar – is na die hospitaal geneem en is tans onder polisiebewaking.

“Die polisie het ook twee gelaaide vuurwapens op die toneel gekonfiskeer.”

Die cops het intussen ’n saak van poging tot moord, gewapende roof en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie geopen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters