Verlede maand
Shelter-plan pla inwoners
Skuiling: Haweloses is vroeg in die lockdown op die Strandfontein-sportveld gehuisves.  ~ Melinda Stuurman

“DIS nie dat ons harteloos en ongevoelig is nie. Ons wil net weet hoekom die Stad altyd besluite maak sonder om dit met ons te bespreek.”

Só sê Mario Oostendorp, die voorsitter van die Strandfontein Vereniging vir Belastingbetalers en Inwoners, nadat inwoners gehoor het van ’n voorstel om ’n homeless­ shelter in die gebied oop te maak.

Oostendorp sê aan Son dat die skuiling, wat deel van die wintergereedheidsprogram is, deur die Haven Night Shelter voorgestel is.

Sy deure is veronderstel om aan die begin van Augustus oop te maak.

“Die Haven het aansoek gedoen om gebruik te maak van ’n kerkfasiliteit in die gebied. Hulle sou die ekstra tydelike skuil-ruimte gebruik om 100 haweloses te huisves en die Stad het die go-ahead gegee.

“Moet ons nou nie verkeerd verstaan nie, ons weet dat daar mense is wat buite sukkel, maar ons wil net weet hoekom dit elke keer Strandfontein is? Want almal weet dis nie ’n behoefte in ons gemeenskap nie.”

Hy verwys na verlede jaar se hele drama tussen die Stad Kaapstad en die gemeenskap oor die tydelike skuiling op die Strandfontein- sportterrein.

“Ons het dieselfde kommer. Eerstens is ons nie ingelig nie.

“Tweedens, gaan hulle die haweloses profile? Van waar kom die mense en wie is hulle?

“Hoe gaan hulle verseker dat die mense nie ná die skuiling in die gebied gaan woon nie?

Ondersteuning

“Ons is bekommerd omdat dinge soos dié altyd hier gebeur. Hoekom nie Constantia of Kampsbaai nie?”

Hy voeg by hulle is oop vir discussion. “As daar nou iets is wat ons ook nodig het, is dit ondersteuning van die Stad om ons back­yard dwellers te help wie se plekke met water oorstroom is.

“Maar nee, R905 000 gaan nou gebruik word om beddens te kry vir ’n plek wat erg gevandaliseer is en nog reggemaak moet word.”

Hy vra ook hoekom planne nou eers, halfpad deur winter, gemaak is. “Ons wil net weet gaan daar weer geld gespandeer word op iets wat tydelik is?

“Weer sê ons nie nee nie, maar hou by die prosesse.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters