Verlede maand
#KYK: Geliefde Shaleen word gegroet
shaleen surtie-richards
Suid-Afrika groet Sondag die geliefde Shaleen Surtie-Richards.  ~ Kelly-Lee Ohlson

LANDSVLAE wapper teen halfmas in eer van die legendariese Shaleen Surtie-Richards wie se begrafnisdiens Sondag in Durbanville plaasvind.

Die 66-jarige veteraan teater en TV-ster is Maandag by 'n gastehuis in Kaapstad oorlede.

Volg die begrafnis hier:

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër die week aangekondig die aktrise sal 'n amptelike provinsiale staatsbegrafnis ontvang.

Vroeg Sondagoggend het die Nathi Mthethwa, die minister van kuns, kultuur en sport, en Anroux Marais, die Wes-Kaapse minister van kuns, kultuur en sport, saam met familielede 'n vlag-seremonie by die plaaslike polisiestasie bygewoon.

shaleen vlae
Tydens die vlag-seremonie by Durbanville polisiestasie is familie-verteenwoordigers van Shaleen Surtie-Richards saam met die minister van kuns, kultuur en sport en sy Wes-Kaapse eweknie.

Die begrafnisdiens wat deur Surtie-Richards se broer, Lionel Surtie, gelei sal word sal op TV en aanlyn platforms uitgesaai word.

Onder die sprekers wie sal terugkyk na die lewe van die ikoon is June van Merch, Basil Appollis en Royston Stoffels, terwyl Karin Kortje sangitems sal lewer. Daar sal ook 'n boodskap deur Patricia de Lille, die minister van openbare werke en infrastruktuur, gelewer word, met Mthethwa wie die huldigingsrede sal lewer.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters