3 dae gelede
Sewe 'rowers' loop hul rieme styf
Vas: Twee verdagtes is in ’n skiet­geveg met die polisie gewond.  ~ 

SEWE vermeende skelms wat hulle luck by die MTN-winkel in Promenade Mall wou try, is deur die polisie in hulle spore gestop.

Volgens sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval gister­oggend plaasgevind.

“Die lede was gou op die toneel. By hulle aankoms het hulle die rowers gesien toe dié die winkel verlaat. ’n Skietery het tussen die rowers en die polisie uitgebreek.”

Twee verdagtes is in die skietery gewond. Volgens ’n bron is een in die hand en die ander in die rug getref.

Die gewondes is onder polisiebewaking na ’n nabygeleë hospitaal vervoer. Die ander is in hegtenis geneem.

Aangekla

“Die verdagtes is almal tussen die ouderdom van 20 en 40. Twee vuurwapens is in hulle besit gevind.

“Sodra hulle aangekla is, sal hulle in die Mitchells Plain-hof verskyn,” sê Rwexana.

Die waarnemende polisiehoof in die Wes-Kaap, lt.genl. Sindile Mfazi, het die lede vir hulle vinnige optrede geloof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters