Verlede maand
Sewe kom om 'na motorwiel bars’
TRAGEDIE: Sewe mense is in dié liederlike ongeluk dood.  ~ Foto Verskaf

SEWE mense is dood en ses beseer in ’n grusame ongeluk wat Sondagmiddag by Riviersonderend gebeur het.

Die twee motors het omstreeks 16:00 teen mekaar gebots nadat die Camry se wiel vermoedelik gebars het.

Orals op die ongelukstoneel op die N2-snelweg tussen Stormsvlei en Riviersonderend het lyke gestrooi gelê.

Op foto’s wat in die sosiale media versprei is, kan ’n mens sien hoe vier mense in ’n dam dood lê.

Ander slagoffers lê in die pad.

Opgedoen

Volgens Derick Leonard, ’n sakeman in Riviersonderend, is die bestuurder van die Camry van ’n plaaslike hospitaal na die Tygerberg-hospitaal oorgeplaas.

Hy het slegs ’n gebreekte been opgedoen, sê Leonard.

’n Polisiewoordvoerder, kol. Andrè Traut, sê die omstandighede rondom die noodlottige ongeluk word tans ondersoek.

Traut sê: “Sewe insittendes is dood.

“Ses ander het beserings opgedoen.

“Die oorsaak van die motorongeluk moet nog vasgestel word.

“’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters