Verlede jaar
Sewe jonges dood in shack-brande
verwoes: Vyf seuns het Saterdagoggend hier doodgebrand. Foto: lulekwa mbadamane  ~ 
verwoes: Vyf seuns het Saterdagoggend hier doodgebrand. Foto: lulekwa mbadamane
verkool: Inathi Xolo (regs) en sy niggie, Lindokuhle Mbutho, is in die Khayelitsha-brand dood. FOTO verskaf

SEWE kinders het dié naweek in twee shack-brande in die Kaap gesterf.

Saterdag omstreeks 00:30 is vyf seuns tussen die ouderdom van 2 en 11 jaar – vier broers en hul neef – in die Mesiya-plakkerskamp, Philippi, verkool.

Inwoners is deur die kinders se gille wakker geruk, maar hulle kon nie die kinders help nie, want die vlamme was te oorweldigend.

Welcome Gwangqa sê dis die eerste keer dat hulle so iets ervaar.

Gwangqa sê: “Ek woon al die afgelope 19 jaar hier.

“’n Mens het al gewoond geraak aan brande, maar dis die eerste keer dat vyf kinders – almal familielede – in een voorval sterf. Ons weet nog nie hoe die brand ontstaan het nie.”

Die woordvoerder van die Stad Kaapstad se brand- en reddingsdienste, Theo Layne, sê 10 shacks is in die voorval verwoes en sowat 30 mense is dakloos gelaat.

Volgens hom ondersoek die polisie die omstandighede rondom die voorval.

Vrydag omstreeks 05:40 het Inathi Xolo en sy niggie Lindokuhle Mbutho verkool toe hul shack vlam gevat het in die Nkanini-plakkerskamp in Khayelitsha.

Volgens Layne ondersoek die cops ook dié voorval.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters