25 dae gelede
Seun steek pa met kombuismes dood
 ~ 

’N SKOOLSEUN van Delft het sy pa met ‘n kombuismes doodgesteek.

Die voorval het vroeg Dinsdagaand in Voorbrug plaasgevind, toe die 14-jarige sy pa in die bors gesteek het.

Hy en sy 47-jarige pa het in die kombuis stry gekry en die seun het ’n mes op die kombuistafel gegryp.

Volgens ’n gemeenskapswerker wat verkies om anoniem te bly het die pa, bekend as Theo saam met sy seun gestry oor hy nie sy huistake klaar gemaak het nie.

Die gemeenskapswerker sê: “Die seun het net vyf minute voor sy ma van die werk afkom by die huis aangekom.

“Hy het heeltyd rondgeloop en nie die huis skoongemaak nie.

“Sy pa wat nagskof werk het opgestaan en gesien die huis is nog nie skoon nie.

“Toe sy vrou by die huis kom het hy haar vertel van hul seun wat ongehoorsaam is en nie sy werk doen nie.

“Die seun was besig om skottelgoed te vas en het gesê sy pa lieg.

“Sy pa het hom voor die bors gegryp en hy het die mes wat op die kombuistafel was gegryp.

Hy het sy pa voor sy ma in die bors gesteek. Die pa is oppad na die daghospitaal dood.

“Die polisie het die seun gearresteer en ook die moordwapen by die huis gaan haal.

“Die seun is intussen in sy ma se sorg vrygelaat.”

Volgens Siyabulela Malo, polisiewoordvoerder is ’n moordsaak geopen en die verdagte sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters