16 dae gelede
Seun kom op ma se lyk af
Helga van Wyk  ~ facebook

DIE juffrou wat Maandag tydens 'n rooftog in haar huis in Durbanville doodgesteek is, sou nie 'n vlieg seermaak nie.

So sê 'n familielid van Helga van Wyk, die 62-jarige juffrou van Hoërskool Monumentpark in Kraaifontein.

Van Wyk se man, die advokaat Johann van Wyk, is ook tydens die rooftog gesteek. Hy is tans in die hospitaal.

Volgens Jo Els, 'n landdros in Tarkastad, is Helga in die bors gesteek terwyl sy in haar bed gelê het.

"Dit is 'n groot skok," sê Els.

Els se dogter Kiara is getroud met die Van Wyks se seun, Schalk.

Kapt. FC van Wyk, 'n polisiewoordvoerder, sê Helga is deur haar seun Maandag in die vroeë oggendure gevind.

Van Wyk sê Helga se 65-jarige man het homself hospitaal toe gery, waar hy steeds onder intensiewe sorg is.

Die polisie vra enigeen met inligting om hul misdaadlyn te bel by 08600 10111. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters