Verlede maand
Seun kom op ma se bebloede lyk af
Toneel:  Die huis in Boston waar die moord gepleeg
TONEEL: Die huis in Boston waar die moord gepleeg is, is afgesper  ~ Leon Bonthuys

DIE polisie in Bellville het twee mans in hegtenis geneem nadat die lyk van Natasjia Geldenhuys Sondag in ’n huis in Boston gekry is.

Volgens kapt. FC van Wyk, ’n woordvoerder van die polisie, het die 44-jarige Geldenhuys se oudste seun haar Sondagoggend omstreeks sesuur in haar kamer in die huis in Eerste Laan gevind.

Sy het veelvuldige steekwonde gehad.

“Ná goeie speurwerk het die speurders later die dag twee mans van 20 jaar oud gearresteer. 

Bloed

“Hulle verskyn Dinsdag­oggend (vanoggend) in die Bellville-hof op ’n klag van moord.”

Bloed is na verneem word op die klere van die verdagtes gevind. Die mense vertel die cops het op CCTV-beeldmateriaal gesien wie by die huis in- en uitkom. 

Klein besittings en geld is na verneem word weg.

Gister was die erf met geel tape afgesper en die cops het buite die huis gesit.

Hulle kon nie sê wat presies gebeur het nie, maar het wel bevestig ’n moord is gepleeg.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters