Verlede maand
Seun en vriend vas vir moord
in the dock
IN DIE DOCK: Christopher Geldenhuys (blokkieshemp) en Joshua Davies verskyn gister in die hof vir die grumoord.  ~  LEON BONTHUYS

’N JONG man en een van sy vriende het gister in die Bellville-hof verskyn vir die moord op die een se ma.

Natasjia Geldenhuys (44) se lyk is Sondagoggend vroeg in haar huis in Eerste Laan in Boston, Bellville, gekry.

Daar was etlike steekwonde aan haar lyf en sy is vermoedelik ook met ander voorwerpe geslaan.

Christopher Geldenhuys (20) van Boston en Joshua Davies (19) van Durbanville is Sondag kort ná die moord gearresteer.

Albei die mans word aangehou en verskyn weer volgende week in die hof.

Die mans se prokureurs het gevra dat hulle by die mediese afdeling van die Goodwood-tronk aangehou word omdat hulle albei mediese toestande het en daarvoor chroniese medisyne gebruik.

Die lawyers wou nie sê watse mediese toestande hul kliënte het nie omdat dit privaat is.

’n Polisiewoordvoerder het Maandag gesê ’n 44-jarige vrou se oudste seun het haar omstreeks sesuur die oggend in die kamer van haar huis in Boston gekry.

Inwoners het vertel die cops het op CCTV-kameras gesien wie by die huis in- en uitkom en klein besittings en geld is na verneem word ook gekry.

Gewerk

Natasjia se man, André, was ook in die hof en baie hartseer. Hy wou nie kommentaar lewer nie.

Natasjia het by die Kaapstad-metro gewerk.

Die beskuldigdes kom op 9 Desember weer voor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters