28 dae gelede
Seun (16) in motor geskiet
Misdaadtoneel: Die gewonde seun is in die hospitaal.  ~ Foto Verskaf

’N SESTIENJARIGE seun is die jongste slagoffer wat in ’n bendeskietery in Mitchells Plain gewond is.

Die voorval het Maandag 19:50 op die hoek van Boabab- en Katdoringstraat in Eastridge plaasgevind.

Die seun het in ’n motor gesit toe daar op hom geskiet is.

Hy het na verneem word sonder petrol gaan staan toe daar op hom geskiet is.

Die gewonde seun is met ’n ambulans vanaf die toneel na die hospitaal geneem, waar hy tans in ’n ernstige toestand is.

Die skietery kom nadat verskeie mense sedert die naweek in Mitchells Plain doodgeskiet is.

Afgemaai

Vier mense is sedert die naweek doodgeskiet en verskeie ander gewond.

Maandag laatmiddag is ’n man ook in Westridge in ’n drive-by shooting afgemaai.

In nog ’n voorval Maandagaand in Uitsig is ’n 30-jarige man doodgeskiet.

Die skietvoorval het omstreeks 19:30 in Keurtjiesingel plaasgevind. Die man is op die toneel dood.

Volgens kapt. FC Van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, is ’n moordsaak en saak van poging tot moord geopen.

Die omstandighede van die twee skietvoorvalle word ondersoek. Niemand is nog gearresteer nie.

Enige iemand met inligting oor die moorde kan die polisie se misdaadtolvrynommer skakel by 08600 10111.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters