9 dae gelede
Ses vas ná rooftog by koswinkel
 ~ 

SES vermeende skurke is gevang nadat hulle ’n besigheid beroof het.

Die voorval het Saterdagmiddag in Lutzville gebeur.

Volgens kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het die verdagtes by ’n takeaway- winkel in Stasieweg ingegaan en hulle as klante voorgedoen.

Nadat hulle bedien is, het hulle die winkeleienaar na bewering met vuurwapens en messe aangehou.

Hulle het met ’n onbekende bedrag geld en selfone ­weggekom.

Arrestasie

Cops wat in die area op patrollie was, het een van die verdagtes naby die misdaadtoneel gearresteer en ’n ­tweede verdagte is ook ­gevang waar hy in ’n kar gewag het.

Ná verdere ondersoek het die cops van Clanwilliam nóg vier verdagtes gearresteer. Hulle het ook ’n 9 mm-pistool met 15 ­patrone gekonfiskeer.

’n Toyota Quantum, selfoon en ’n onbekende ­bedrag geld is ook gekonfiskeer.

Die ses verskyn binnekort in die plaaslike landdroshof onder meer op aanklagte van diefstal en die ­onwettige besit van vuurwapens en ammunisie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters