Verlede maand
Ses kap om langs pad
wetton poisoning
Ses mense is in die hospitaal opgeneem nadat hulle in Wetton omgekap het.  ~ Jenni Evans / News24

SES mense, waarvan vyf in 'n kritieke toestand is, is Maandag in die hospitaal opgeneem nadat hulle in Wetton in Kaapstad inmekaar gesak het.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê in 'n verklaring daar word verneem dat die mans 'n onbekende stof ingeasem het.

'n Omstander, wat anoniem wou bly, het aan News24 gesê die mense het op drie verskillende plekke langs die pad inmekaar gesak.

Wayne Dyason, woordvoerder vir Stad Kaapstad se wetstoepassingsafdeling, sê hulle is Maandagmiddag ingelig dat drie mans en een vrou by 'n busstop inmekaar gesak het.

"Hulle het mediese behandeling ontvang van paramedici op die toneel en een van hulle het stuiptrekkings gekry.

"Terwyl die paramedici hulle behandel het, is hulle ingelig dat nog 'n persoon op die sypaadjie in Walnut-weg lê en nog een in St. Josephs- en Wetton-weg. Al ses is op die toneel behandel en na die hospitaal geneem."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters