2 maande gelede
Ses in net twee dae afgehaal
MOORDTONEEL: Fuad Heraldien (22) is gister helder oordag in Hanover Park om die lewe gebring.Foto: LEON KNIPE  ~ 

SES mense is sedert Maandagoggend in verskillende skietvoorvalle op die Kaapse Vlakte afgemaai.

In die jongste voorval is ’n man gistermiddag dood nadat hy in ’n drive-by shoot­ing in Haltweg in die kop getref is. Twee mense is gewond – een in die been en die ander in die rug.

  • In nog ’n voorval is ’n onbekende man gister­oggend langs die R300 in Delft doodgeskiet.
  • Maandagaand is twee mans in Ravensmead vol lood gepomp.

Bradwin Rowland (28), alias Brood, het na verneem word aan die 27’s behoort en Denzil Bess (39) aan die 26’s.

Bendeverwant

Die twee is omstreeks 22:40 op die hoek van Stroebelstraat en Charles Grodes Crescent afgemaai.

Volgens kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, is ’n verdagte (28) vir die dubbele moord gearresteer. Van Wyk sê die voorval is bendeverwant.

  • Fuad Heraldien (22) is Maandagaand in Hanover Park dood. Heraldien was by ’n Somaliër se winkel toe verskeie kere op hom geskiet is.
  • Dit kom nadat Theo­dore Meyer (18), ’n vermeende hit man van die Laugh­ing Boys, Maandag­oggend in Hanover Park doodgeskiet is.

Niemand anders is al aangekeer nie. Enige iemand met inligting kan die polisie tolvry by 08600 1011 bel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters