Verlede maand
Senior cop doodgeskiet
cop
Forensiese kundiges op die toneel waar die polisieman doodgeskiet is.  ~ Peter Abrahams

'N SENIOR polisieman is Donderdagoggend in die oprit van sy huis in Bishop Lavis doodgeskiet.

Lt. Kol. Andre Kay (52) was verbonde aan die Flash-eenheid (eenheid vir vuurwapens, alkohol en tweedehandse goedere).

Brig. Novela Potelwa, 'n polisiewoordvoerder, het in 'n verklaring gesê die polisieman het na bewering pas om 06:50 in sy voertuig geklim toe daar verskeie skote op hom afgevuur is.

"Hy is op die toneel dood," sê Potelwa.

Lt. Genl. Sindile Mfazi, waarnemende Wes-Kaapse polisiehoof, het sy medelye met die polisieman se familie gedeel.

Mfazi het hom as 'n toegewyde polisieman beskryf.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters