Verlede maand
Selfoondief vasgetrek
dief
Die dief is op video betrap terwyl hy 'n selfoon uit 'n motoris se hand gryp.  ~ skermgreep

'N SKELM wat in die verkeer 'n selfoon uit 'n motorbestuurder se hande gegryp het, is deur wetstoepassers gevang.

'n Video van die voorval is Donderdag deur die Elsiesrivier-buurtwag op sosiale media gedeel.

Die voorval het langs Voortrekkerweg in Elsiesrivier naby die Goodwood-landdroshof gebeur.

In die video lyk dit of die bestuurder besig is om 'n boodskap op sy selfoon te tik, voordat die dief dit gryp.

Die dief het deur 'n kompleks in die rigting van die Elsiesrivier-treinstasie gehardloop. Die bestuurder het hom agterna probeer sit, maar moes vinnig weer omdraai toe sy kar vanself vooruit begin beweeg het.

'n Tweede video wys hoe die dief in 'n taxi spring en wegry.

JP Smith, mayco-lid vir veiligheid en sekuriteit, sê hulle het die dief met behulp van "undercover cops" gevang.

Smith het die motoris aangeraai om 'n klag by die polisiestasie te gaan lê.

"Ongelukkig was die nommerplaat van die slagoffer se voertuig nie sigbaar nie. Ons vra enigeen, wat die persoon ken, om hom te vra om na vore te kom sodat ons hom kan vra om 'n formele klag te lê." - Daily Sun



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters